Wat droom ons?

Dat Oase Kidz kleuterskool aan elke kleuter toegang gee tot ’n veilige leeromgewing sodat elkeen die geleentheid het om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.

  • Om die omvattende belange (intellektueel, emosioneel en fisies) van elke kind eerste te stel
  • Behoud en ontwikkeling van die individualiteit van elke kind
  • Om ‘n kultuur van koestering te handhaaf met Christelike norme en waardes
  • ‘n Skoon, veilige en praktiese omgewing vir kinders
  • Om die welsyn en veiligheid van die kinders deurgans te monitor
  • Om leerders met ontwikkelings- of gedragsprobleme so gou as moontlik na gespesialiseerde kundiges te verwys
  • Om ‘n professionele en etiese besigheidspraktyk te handhaaf
  • Om die gemeenskap se bewustheid en ondersteuning vir pre-primêre onderwys en opvoeding te bevorder
  • Om goeie verhoudings en kommunikasie met buurskole te handhaaf
  • Om ouerbetrokkenheid aan te moedig en om inligtingsessies en werkswinkels vir ouers van voorskoolse kinders te reël
  • Om deurlopend formele en informele personeelopleiding te fasiliteer en te verseker dat die skool tred hou met nuwe tegnologie en opvoedkundige benaderings
  • Om gekwalifiseerde personeel aan te stel, werksbevrediging te ondersteun en personeelomset te beperk
  • Om opbouende intrapersoonlike, interkulturele verhoudings te bevorder en respek tussen leerders en personeel onderling en wedersyds te vestig

FAQ

Het jy enige vrae oor Oase Kidz kleuterskool? Lees gerus hier…

Wat is julle skooltye?

Ons is oop vanaf 07:00 – 17:00. Halfdag kinders is by ons tot 12:45

 

Wat is die skoolfooie?

Kontak ons by +27 60 954 5277

Watter ouderdom is welkom?

Alle kinders is welkom van baba’s (4-maande) tot Graad R.

Is die skool oop vir skoolvakansies?

Ja ons is! Dagsorg gaan voort gedurende skoolvakansies. Ons sluit slegs vir ‘n periode in die Junie vakansie en oor die Desember vakansie.

 

Gee die skool kos?

Ja, daar is drie etes per dag vir al die peuters en kleuters

The best way to make children good is to make them happy

Oscar Wilde

Ons tye

Ons tye:

Maan – Vry: 07:00 – 17:00
Halfdag: -7:00 – 12:45
Vakansietye soos aangedui.